MEDIA-UITNODIGING 10/09/2019

10 September 2019

AfriForum dien kommentaar by parlement in oor vernietigende NGV-wetsontwerp

As deel van AfriForum se veldtog teen die vernietigende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) gaan die burgerregteorganisasie op Donderdag 12 September 2019 sy kommentaar daarteen by die parlement indien.

AfriForum nooi die media uit om die oorhandiging van dié kommentaar by te woon. Die besonderhede is:

Datum:            12 September 2019

Tyd:                 09:30

Plek:                Louis Botha-standbeeld voor die Parlementsgebou, Pleinstraat, Kaapstad