MEDIAUITNODIGIN 13/08/2019

AfriForum dien klagte in oor myn digby wildtuin

AfriForum gaan op 14 Augustus 2019 strafregtelike klagtes oor die beoogde steenkoolmyn op die voorstoep van die Nasionale Krugerwildtuin by die polisiestasie in Komatipoort indien.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar verskeie ongerymdhede in Singo Consulting (Edms.) Bpk. se verslae is.

Die media word uitgenooi om dié geleentheid by te woon. Die besonderhede is soos volg:

Datum:     Woensdag 14 Augustus 2019

Tyd:         15:00

Plek:        Komatipoort-polisiestasie, Rissikstraat 43, Komatipoort