WITBANK BREIPROJEK 22 FEBRUARIE 2018

Het jy stukkies wol wat rondlê? Miskien is daar breipenne wat net in jou padis. Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak se breiprojek is ‘n groot gunsteling onder ons bejaardes.

Ons neem die wol en breipenne na ons bejaardes toe wat vir ons steek vir steek kombersies, mussies en serpies met liefde brei. Dié knus reigoedjies word weer aan minderbevoorregtes geskenk.

Kom laai gerus al jou oorskietwol en breipenne by Ons Winkel af. Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel is geleë in die Wersea Gebou, Jeanettestraat Witbank (tussen Fruit & Veg en Cashbuild).